Welkom by ons 40-dae verkenningstyd!

In hierdie 40 dae gaan jy voorgestel word aan ‘n God wat ons so graag wil hê elke mens moet ken. Selfs die van julle wat Hom reeds ken, sal in hierdie tyd nuwe ontdekkings maak. Ons noem hierdie verkenningstyd: Ken jy hierdie God? Reis gerus saam met ons.

Vandag is daar soveel verkeerde idees oor God; van die idees kom vanuit ons kinderdae, kerkbelewenis of persoonlike belewenisse. Hierdie 40-dae het ten doel om hierdie verkeerde idees wat jy oor God mag hê, uit te daag en nog meer; jou aan ’n God bekend te stel wat jou ongelooflik lief het. In die reis sal jy leer dat hierdie God jou AANVAAR, jou VERANDER, met jou wil PRAAT, al sy BELOFTES hou, vir jou ’n TOEVLUG is en ook vir my en jou STUUR met Sy boodskap van liefde.

Om maksimum uit die 40-dae te put is daar drie belangrike komponente waaraan jy jouself moet toewy:

null

Woon die ses

Sondae by

null

Doen die 6 weke

se dagstukkies

null

Skakel in by ’n groep wat saam ’n DVD gaan kyk en dit dan gaan bespreek